Ons het in Mei afgeskop met ons vierde veldtog en Afrikaans.com en Uppe Marketing het behoorlik geskiedenis gemaak. Dit is die eerste keer dat ’n Afrikaans.com-veldtog slegs op digitale platforms uitspeel en ook die eerste keer wat een van ons veldtogte “viral” gegaan het.

Deur hierdie veldtog vang ons spesifieke stereotipes van Afrikaans vas, verander ons die manier waarop mense na die taal kyk en vestig ons die boodskap: JOU AFRIKAANS TEL!

Elke Afrikaansspreker kan ’n bydrae maak tot die groei, ontwikkeling en voortbestaan van Afrikaans. Met hierdie veldtog het ons drie unieke tonele verfilm wat die volgende beginsels uitlig:

  • Moet nooit jou taal prysgee nie.
  • Afrikaans strek oor globale grense.
  • Die verskeidenheid in Afrikaans moet gevier word.

Ons het ’n humoristiese aanslag gevolg met die meerderheid van die tonele, terwyl ons onderliggend ’n ernstige boodskap wou laat posvat. Die tweede veldtog-video, Buitelandse vakansie, was veral suksesvol en het oor ’n miljoen kykers gelok op verskeie platforms.

Om meer oor die veldtog te lees, klik hier.

Loer hier na die drie verskillende veldtog-videos:

Hierdie videos is ook in Junie-maand opgevolg met weeklikse blogs wat verband hou met die inhoud van die verskillende scenarios.

Lees die drie blogs hier: