Afrikaans.com se moedertaalprojek
Die moedertaalprojek is een van Afrikaans.com se grootste projekte en gaan steeds elke jaar van krag tot krag. Vanjaar was geen uitsondering nie.
Die moedertaalprojek is een van Afrikaans.com se grootste projekte en gaan steeds elke jaar van krag tot krag. Vanjaar was geen uitsondering nie.
Ons het in Mei afgeskop met ons vierde veldtog en Afrikaans.com en Uppe Marketing het behoorlik geskiedenis gemaak. Dit is die eerste keer dat ’n Afrikaans.com-veldtog slegs op digitale platforms uitspeel en ook die eerste keer wat een van ons veldtogte “viral” gegaan het.
Uppe was proud to be part of this year’s annual Sustainability Week held on 24-26 June 2019. One of our clients, BASF, was one of the main sponsors of the event which took place at the CSIR in Pretoria.
Uppe was weer woelig in Afrikaans einde verlede maand! Een van ons kliënte, Afrikaans.com, het ’n klein dorpie in die Wes-Kaap, genaamd Pniel, opgehelder met hul verfkwasse tydens die jaarlikse Muurkunsprojek.
Afrikaans.com het hande gevat met die Pniel Erfenis en Kultuur Trust en besluit om die Adam Small-fees na verskeie skole te neem. Dit was ’n wonderlike geleentheid vir die skole in Pniel om te spog met hul muurkunswerke. Die leerders is ook vermaak deur die rymkletser en ambassadeur vir Afrikaans.com, HemelBesem.
Afrikaans.com se hande en voete by dié geleentheid was René Arendse. Volgens René is die Muurprojek veral spesiaal omdat dit ’n mate van hoop bied.
“Hierdie muurskildery sal nog jare lank ’n blyk van hoop en inspirasie bly…’n skildery wat die leerders, onderwysers en die gemeenskap sal herinner om uit te styg bo hulle omstandighede, groot te droom en trots te wees op hulle taal en identiteit,” sê sy.
Die geleentheid is ook moontlik gemaak deur samewerking met verskeie vennote insluitend Vriende van Afrikaans (’n afdeling van die ATKV), SASNEV (Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederlands en Vlaandere), die Moedertaalinisiatief-projek en ambassadeurs vir Afrikaans.com.
Vir meer inligting oor dié geleentheid, klik hier.
In 2015 het Uppe Marketing opdrag van Dagbreek Trust ontvang om ’n unieke veldtog wat Afrikaans sou bevorder, te loods. Dit het gelei tot die posisionering van Afrikaans as handelsmerk en die Afrikaans.com-webtuiste waar nie net Afrikaans met al sy uniekheid en kleurrykheid gevier en verken word nie, maar waar die Afrikaanse leefwêreld in al sy fasette op positiewe wyse uitgebou word.
In 2015 het Uppe Marketing opdrag van Dagbreek Trust ontvang om ’n unieke veldtog wat Afrikaans sou bevorder, te loods. Dit het gelei tot die posisionering van Afrikaans as handelsmerk en die Afrikaans.com-webtuiste waar nie net Afrikaans met al sy uniekheid en kleurrykheid gevier en verken word nie, maar waar die Afrikaanse leefwêreld in al sy fasette op positiewe wyse uitgebou word. Met die Veldtog Afrikaans-projek nou reeds in sy derde jaar, het die handelsmerk gegroei en is ons tans besig met die derde bemarkingsveldtog ter bevordering van Afrikaans.
Address
15 Villa Valencia Office Park
coner of Anemoon and Monument Roads
Glen Marais
Kempton Park
South Africa
Hours
Monday—Friday: 8:00AM–4:30PM