In 2015 het Uppe Marketing opdrag van Dagbreek Trust ontvang om ’n unieke veldtog wat Afrikaans sou bevorder, te loods. Dit het gelei tot die posisionering van Afrikaans as handelsmerk en die Afrikaans.com-webtuiste, waar die Afrikaanse leefwêreld in al sy fasette op positiewe wyse uitgebou word. Die opdrag het gelei tot‘n oorhoofse kommunikasiestrategie wat die beeld van Afrikaans sou vernuwe en ’n ruimte sou skep waarin Afrikaans kon floreer. Na twee suksesvolle veldtogte, is die derde veldtog nou op dreef. Uppe Marketing hanteer die veldtog in sy geheel en is betrokke vanaf konsep tot uitvoering. Platforms sluit in: buitelugborde, die drukmedia, sosiale media, vervaardiging van TV- en radio-advertensies en die Afrikaans.com-webtuiste. Uppe koördineer ook al die gepaardgaande projekte van Afrikaans.com, wat die muurkunsprojek by skole en kompetisies, soos droomgroot, insluit.

 

Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google